Digitale Kolonisering

Daar is 'n nuwe frontier van kolonisering, en dis alreeds besig om Afrikaans te smoor. (Onder konstruksie)


Ironie wat seermaak

Tydens die opstel van hierdie module, het Grammarly vir ons die perfekte voorbeeld gegee van waaroor hierdie hele webwerf gaan: 'n voorstel vir 'n woord wat nie bestaan nie. Afrikaans se verteenwoordigheid aanlyn is baie klein, en dikwels gebruik KI (AI) stelsels afleiding en regressie na Nederlands in plaas van Afrikaans.Anyway, hierdie is 'n "Wall of Shame" wat groot aanlyn besighede uitwys vir hul lui hantering van taal.

Kolonisering mag dalk beter wees omdat dit nog besig is om te gebeur, maar "Kolonialisie"? Dis dalk tyd vir Afrikaanssprekers en skrywers om weg te doen met Grammarly vir eers. Verbeel jou 'n toekoms in waar niemand mekaar meer verstaan nie as gevolg van geloofwaardig-klinkende hallusinasies. Liewerste nie.Grammarly se eie voorstel is om dit nie te gebruik in die ander beskikbare tale nie, en ek, vir een, aanvaar die voorstel.



Die Gemini Probleem

Google is (was) vir 'n lang tyd die wêreld-leier onder search engines, maar die aanvang van kunsmatige intellegensie verander tans die internet soos ons dit geken het, en Afrikaans, soos alle ander Afrika tale, se verteenwoordigheid is confusing, om die minste te sê. Min Afrikaanssprekendes gebruik suiwer Afrikaans. Ons gebruik gewoonlik Mengels, daai lekker mix van Engels en Afrikaans want die Vader weet, my koppelaar is fine, maar enigeen se koppie kan clutch.

'n Deel van die taal probleem is dat kunsmatige intelligensie en groot taalmodelle wil hê dat sprekers van 'n taal dit moet gebruik op dieselfde manier en met dieselfde woordeskat as die van die model, en dit is onmoontlik. Ons is te gemaklik in ons eie uitrukking om heeltyd te moet wonder of ons die regte, akademiese woorde gebruik. Dalk sou dinge anders uitgespeel het in 'n ander land met minder diversiteit, maar dis juis Suid-Afrika se vibrant populasie wat Afrikaans gehelp het om sy beter-verstaande, code-switching self te wees in die "Age of AI".